Centre for Teaching & Learning
Welkom by Universiteit Stellenbosch

ki banner afr.png

​Die kortkursus kunsmatige intelligensie (KI) in onderrig-leer-assessering (OLA) bied deelnemers die geleentheid om, gegewe die feit dat kunsmatige intelligensie programme nou vrylik beskikbaar is, hulle onderrig-leer-assesseringsgeleenthede te herverbeel. Knelpunte soos hoe die onderrigrol gedefinieer word, of leergeleenthede herbedink moet word en of assesseringsgeleenthede KI-bestand is, word onder die loep geneem.

Hierdie US-geakrediteerde kortkursus is gemik op dosente en ander akademiese/onderrigpersoneel aan die US en word gratis aangebied.

Aanbod:

  • NQF-vlak 8; vyf krediete en 50 leerure.
  • Een inname: Maart – September 2024.

Modus: 

  • Gemengdeleer
  • Drie sinchrone kontaksessies, aangesig-tot-aangesig
  • Asinchrone aanlynleer en -samewerkingsgeleenthede

Datums van kontaksessies:

  • Donderdag, 4 April 2024
  • Dinsdag, 28 Mei 2024
  • Dinsdag, 10 September 2024​


Navrae